Met
baie ander webtuistes daarbuite, beloof ons jy en jou data sal nie
sommer soos ander webtuistes op ander eksterne blaaie beland nie. Dit
het al met mense gebeur dat iemand op kantoor hulle laat verneem hy of
sy is op een of ander hoofstroom site se hoofblad en die hele werksomgewing en dag is ontwrig.
Ons
maak ook nie of ons verniet is en dan kan jy nie met ander lede
kommunikeer nie. Wat volgens my ook nie baie oulik van sulke blaaie is
om voor te gee dis alles verniet nie. So jy registreer en dan moet jy
betaal of een of ander kort kragtige kaas boodskap soos, "Eks te arm om te antwoord terug stuur" of "Betaal my lidmaatskap geld dan antwoord ek jou".
Ons
diens is gratis sover en oop aan almal op eie risiko, so onthou maar al
daai goed wat jou ma jou geleer het en luister na daai stemmetjie in
jou agterkop wat se "ek en jy heel aleen", "hel ver vakansie" en "net ek en jy diep doer in die bos" kan dalk alles behalwe die roman van jou lewe uitdraai...Of dalk, wie weet?
Ons wil graag weet wat julle dink van SoekNet Liefde, persoonlik lyk daai ou heel bo te veel soos 'n ou van skool waaroor ek nie vreeslik mal is nie en die kleure laat my aan 'n babakamer dink?
So laat weet ons, ons is hier en kyk so nou en dan en wonder maar net wat julle ervaring van Liefling  is...
Liefde en vrede vir julle almal!